Druk   Tuisblad
Redakteursbrief 2007-12-11

Geagte leser,

Twee sonderlinge figure wat die droom van ’n ander węreld in handel en wandel beliggaam het, en ook gereelde medewerkers van Die Vrye Afrikaan was, het ons in die afgelope weke ontval: die gemeenskapsekonome Margaret Legum en Johan van Zyl, wat albei in hulle sewentigs was. Ter nagedagtenis aan hierdie groot figure en vriende van ons, word hierdie uitgawe se dossier, “Die węreld van verbruik”, aan Margaret en Johan opgedra, met ons beste wense aan hulle geliefdes.

 As u nog nie ingeteken het op Die Vrye Afrikaan nie, kan u steeds. Intekening vir die papieruitgawe binnelands kos R30 per uitgawe, terwyl intekening op die elektroniese uitgawe R20 per maand kos, wat ook help om die blad se webwerf oop te hou. So nie, kan u vandag nog aansluit as lid van die FAK teen R30 per maand, wat nie net gratis ontvangs van Die Vrye Afrikaan insluit nie, maar ook voorkeurtoegang tot die FAK se openbare standpunte, mediaverklarings, byeenkomste en aksies. Skakel ons sekretaresse, Sarie Marais, by 012-301-1777, of stuur ’n e-pos na sariem@fak.org.za. Maar onthou dat die FAK-kantoor sluit op 13 Desember en heropen op 14 Januarie.

 Hiermee dan ook ons beste wense vir 2008.

Johann Rossouw

Redakteur


Lewer kommentaar op hierdie bydrae