|
|||||||
|
|||||||
|
Dr.
Xolela Mangcu skryf onlangs ’n artikel oor “Being patronised by Princes” met
verwysing na die jongste vlaag van vergaping op die makropolitieke vlak. Dit
roep die vraag op na verpatronisering wat op ’n mikrovlak gebeur waar senior
bestuurders binne die staatsdiens hul eie elitisme verabsoluteer ten koste van
dienslewering, maar bo alles om die imperatiewe van die hoog aangeskrewe
Suid-Afrkaanse Grondwet te kompromiteer. ’n Oorsig oor onlangse sake wat in die arbeidshowe aandag
kry, toon dat soveel energie spandeer word om die legitieme aansprake van
werkers, veral in die staatsdiens, te frustreer en die kommerwekkende is dat
die prinse en prinsesse in die staasdiens die prosesse manipuleer met
staatsbates. ’n Onlangse uitspraak van een van die hoogste howe van
die land het juis die aandag daarop gevetsig dat senior bestuurders dit moeilik
vind om te verstaan dat gelde wat uit hul begrotings betaal word inderdaad
staatsgeld is en dat hulle veronderstel is om dienslewering te bevorder en nie
eie agenda’s, soos onder meer onbevoegdheid te verdoesel. Daar is al so baie aangevoer dat die beskerming van die
indiwidu verskans word binne die SA Grondwet, maar juis in die elitistiese
benadering tot staatsbestuur word die essensie van die Grondwet afgewater. Dit
mag nie gebeur dat die verpatronisering deur die prinse dienslewering en ons
verbintenis soos vervat in die handves van menseregte verswak nie. – Staatsamptenaar, Upington |