Ilsé Coetsee
Ek wou jou bel
Maar my sente is
op
Die tiekieboks bly gloei COIN
Sadisme?
Ek bel jou sel
’n blik VOICEMAIL antwoord terug
Ek los ’n boodskap
Pynlik wetend jy
sal dit nooit sal kry...
Ek wou jou bel
Maar die lyn is
dood...
Radiogolwe!
Mikrogolwe!
Klankgolwe!
Getygolwe!
Satelliet of GPS?
Kom hier...
Gaan daar...
Hoogwater - Laagwater - Springgety!
Maar die lyn en jou oë bly dood...
Lewer kommentaar op hierdie bydrae |