|
|||||||
|
|||||||
|
Die
enigste Afrikaanse straatnaam aan Kaapstad se waterkant, die
“Breekwater-boulevard”, is pas verander na die “Breakwater Boulevard”. Soos
sulke dinge gedoen word, het dit stil-stil plaasgevind, sonder aankondiging of
raadpleging van die algehele taalmeerderheid van die stad en die provinsie, die
Afrikaanssprekendes. Dié besluit is heel waarskynlik geneem
deur die plaaslike bestuur van die V&A-waterkant, en nie deur sy nuwe
Brits-Arabiese eienaars nie. Dis dieselfde bestuur wat met
klaarblyklike bravade ’n bordjie aangebring het om miljoene besoekers te wys
watter deel van die hawe Kaapstad ’n raps meer as ’n eeu gelede vir net die
Britse oorlogsmasjien opsygesit het om sy skandalige moord-en-roof plundertog
in die twee Boererepublieke te bevorder. Hierdie bordjie het intussen spoorloos
verdwyn. Daarvoor sou die stad se Engelssprekende “liberale” gesorg het, wat
mos nooit aan enigiets skuldig is nie. Die stad se waterkant het besluit hy kan
sonder Afrikaans klaarkom, dis vir seker. In dié duur inkopiegebied is ek deur
’n hele winkel (Cape Union Mart) uitgelag omdat ek op Afrikaans aangedring het,
en om dieselfde rede by ’n ander (Audiovision) uitgejaag. Kan die V&A-waterkant sonder die
Afrikaanssprekendes se geld klaarkom? Dis baie onwaarskynlik. Maar miskien moet
dit tog op die proef gestel word deur vir die volgende drie maande weg te bly.
Indien dít onmoontlik is, kan geen geld daar bestee word nie. ’n Mondelinge en
teksveldtog kan die knoop deurhak. Of is die Kapenaars slegter as die
Transvalers? – Inkoper, Kaapstad |