|
|||||||
|
|||||||
|
Annelise
was dapper en vreesloos om as Afrikanervrou haar Maanvrug die lig te
laat sien. Wat ons ander vroue fantaseer en droom in die donkerte van ons eie
gedagtes, het sy op papier gesit en vir die wêreld gewys. Ek voel opgewonde oor
die boek en dat dit diegene wat dapper genoeg is om dit te lees die moed sal
gee om ook hul gedagtes te bevry en in pas te kom met hul eie seksualiteit. Dit
sal ons help om los te breek uit die greep van diepgewortelde skuldgevoelens
wat ons as Afrikanerkinders saam met ons mieliepap en boerewors ingegee is.
Uiteindelik kan dit sorg vir ’n beter, vryer en minder jaloerse wêreld. Maar,
dit is my droom. – Daleen du Toit, Pretoria |